Die doop is nie ‘n teken van ons eie geloof in die eerste plek nie, maar eerder ‘n teken van God se ewige belofte aan ons. Dit word ook die verbondsdoop genoem, omdat dit ‘n teken is van God se verbond (belofte) aan ons. Die verbond is ‘n belofte wat God reeds duisende jare gelede aan Abraham gemaak het, toe God belowe het om Abraham en sy nageslag se God te wees. Vandag vier ons die genade dat ons ook hierdie belofte van God af ontvang, want deur Jesus is ons elkeen ook nou deel van God se verbondsfamilie. Die doop is nie iets wat ons verdien nie, maar ‘n viering van die geskenk wat ons van God af kry.
Ouers sal ‘n reeks van 4 doopgesprekke moet bywoon.
Kontak gerus vir Ds. Luné Dorfling In die verband. ‘n Doopvorm sal aan u gestuur word. Ds. Luné Dorfling sal ‘n doopgesprek met u reël.
Indien u by ‘n ander gemeente (byvoorbeeld waar u ouers woon) wil doop, moet u nog steeds hierdie vorm voltooi en dit met ‘n motiveringsbrief inhandig. Die ander gemeente sal ‘n toestemmingsbrief van NG VORENTOE verwag waarin ons meld dat u ons doopgesprek bygewoon het en waarin ons dan toestemming gee dat u kind(ers) gedoop kan word.