Kategese vind plaas na afloop van die Erediens. (10:00 – 10:45)

Ons kategese klasse word ingedeel op grond van grade, soos by die skole. Kom maak asseblief by die kerk kantoor ‘n draai as jy nie seker is in watter klas jou kind moet wees nie.

Ons beplan groot dinge vir ons kategese en ons jeug. Ons is baie opgewonde oor volgende jaar. Ons onderskat ons jeug en ook hulle harte. Ons los julle graag met die gedagte:

Die seuntjie se ma vra dat hy die stoep vir haar moet vee.  Hy weet ook wat is goed vir hom en vee vir sy ma die stoep, maar hy vergeet die besem buite.  Sy herinner hom ‘n paar keer om die besem op sy plek te gaan bêre (klink dit bekend?), maar hy vergeet. Later is dit donker en sy ma sê vir hom: “Jammer, maar nou moet jy daai besem in die donker gaan haal en hom inbring soos ek gevra het!”

Hy protester, want dit is donker en hy is baie bang vir die donker. Sy ma herinner hom dat Jesus altyd by hom is en dat as Jesus nie bang is vir die donker nie, en hoef ook nie hoef te wees nie. Sy help hom in die rigting van die stoep. Net voor hy uitgaan, maak hy sy oë toe en bid: “Liewe Jesus, sal jy asb. vir my die besem aangee? Amen.”

Die senior jeug het elke tweede Sondagaand ‘n byeenkoms! Die byeenkoms begin omstreeks 4 uur! Tydens die geleentheid word daar saam aanbid, maar ook op ‘n gereelde basis saam gekuier!

Terug Terug na bo