NG Vorentoe is ‘n plattelandse gemeente ongeveer 12 kilometer buite Brits.

 

Ons is ‘n gemeente met ‘n hart vir die bediening van gesinne.

Kom word gerus deel van hierdie kosbare geloofsfamilie!

Die uitsending van ons eredienste is beskikbaar op ons Youtube-kanaal (NG Vorentoe Lewendig)

1-modified
2-modified
4-modified
5-modified

Oppi-dak senior jeug – badplaas toer!

Raak betrokke by ons byeenkomste en projekte:

Kleuters (17)
Vorentoe is ‘n gemeente waar jongmense welkom is, hulle stemme gehoor word en hulle God se liefde kan ontdek. Vorentoe het ‘n hart vir die geloofsvorming van kinders en jongmense.
87917392-0eb1-4cd3-bb1f-8b18d7f795fa
322d587c-c64f-468e-af1b-2af8c05b274a
e4f3a5f4-c29f-4e7c-a762-5775aa158a75
IMG-20170616-WA0042

Kleuterkerk (Ouderdom 2 – 4) 

Kleuters kan gedurende skoolkwartale, voor die aanvang van die erediens, op die verhoog in die saal besorg word. Ons het ‘n kosbare span wat die kleuters ouderdoms-spesifiek bedien.

Kinderkerk (Ouderdom 5 tot Gr 3) 

Hierdie groep begin op ‘n Sondag saam met hulle ouers in die erediens. Na die kinder-oomblik in die erediens, beweeg hulle na die saal waar hulle deur ‘n puik span met die Woord bedien word.

Junior Kategese – Kaalvoet – (Gr 1 – 6)

Vorentoe se junior Kategese vind op ‘n Sondag na afloop van die erediens plaas. Die Gr 1 – 6 groep kom na die erediens in die saal bymekaar waar hulle in die onderskeie graad-groepe verdeel word.

Senior Kategese – Kaalvoet – (Gr 7  – 10) 

Vorentoe se senior Kategese vind ook op ‘n Sondag na afloop van die erediens plaas. Die groep kom na die erediens in die kerk bymekaar en verdeel dan in kleiner groepe vir gesprekke.

Belydenisklas – Kaalvoet – (Gr. 11) 

Die belydenisklas kom op ‘n Sondag na afloop van die erediens in die konsistorie bymekaar. Ons het ‘n breedvoerige program vir die jaar. Ons gesels oor ons Gereformeerde identiteit, geloofsvorming, ander gelowe en nog vele meer. Dit is natuurlik ook ‘n jaar, propvol pret met ‘n kamp en heerlike geleenthede om saam te kuier.
818cfecc-9fcb-4f14-a26e-27ec30e7d4eb
20a5f821-cbf6-4c72-bdd7-41944eebdb06
e87dfe35-be76-413d-9542-6e74d83af9e9
92cb7365-d74e-4816-9eb8-f950e9e58cab
Kleuters (18)
Kleuters (16)

 As jy ‘n kerk soek waar jy in Afrikaans kan aanbid, dan is die NG Kerk Vorentoe die plek vir jou!

 

sosiale media

White and Green Christmas Greeting Facebook Cover (Instagram Post)

Besoek ons