DIE AFSTERWE VAN ‘N GELIEFDE IS ‘N TRAUMATIESE GEBEURTENIS IN ENIGE MENS SE LEWE. TYDENS SO ‘N TYD HET ELKEEN VAN ONS IN BESONDER NODIG OM TE BELEEF DAT ONS GELOOFSFAMILIE ONS ONDERSTEUN EN VIR ONS OMGEE. SOMTYDS IS HIERDIE GELIEFDE WAT AFSTERF IN DIE GEMEENTE, MAAR MEESTAL IS DIT NIE. AS GELOOFSFAMILIE WIL ONS GRAAG DAAR WEES WANNEER IEMAND VAN ONS FAMILIE DEUR SO ‘N MOEILIKE TYD MOET GAAN.

pexels-rene-asmussen-334978
pexels-liza-summer-6382530
pexels-life-of-pix-19591

HOE MAAK EK AS ‘N GELIEFDE STERF?

Wanneer iemand naby aan jou sterf, is daar skielik baie take wat jou aandag vereis en verrig moet word.  Hieronder is ‘n kort opsomming wat jou deur hierdie moeilike tyd kan help:
  • Skakel onmiddelik vir Ds. Dewald om hom in kennis te stel van u geliefde se afsterwe, voordat u enige begrafnisreëlings tref.
  • Indien die dood onverwags intree, skakel nooddienste  om ‘n ambulans te ontbied.
  • Indien die persoon aan onnatuurlike oorsake oorlede is, ontbied die polisie, waarna ‘n nadoodse ondersoek gedoen sal word.
  • Skakel ‘n begrafnisondernemer wat alles rondom die begrafnis of verassing sal hanteer.
  • Skakel die oorledene se lewensversekeringsmaatskappy.
  • Kontak asseblief die leraar voordat begrafnisreëlings getref word.
  • Kry die volgende belangrike dokumente bymekaar: Testament, Doodsertifikaat, Geboorte- en huweliksertifikaat, ID-dokumente, Aktes en besigheidsooreenkomste, Belastingopgawes, inkomstestate en rekeninge, Voertuigregistrasiedokumente en bankrekeninge, Leningooreenkomste, ‘n Foto van die oorledene vir die begrafnisbrief.
  • Wees ook voorbereid op onvoorsiene uitgawes en hou in gedagte dat dit soms meer as ‘n jaar lank kan duur voordat die proses afgehandel is.
Baie belangrik – sien om na jouself en jou gesin, maak gebruik van jou ondersteuningsnetwerk en maak voorsiening vir die rouproses.

KONTAK: DS DEWALD by 072 755 7817

sosiale media

White and Green Christmas Greeting Facebook Cover (Instagram Post)

Besoek ons